Goeiedag,
My dogter doen die Cambridge-leerplan en een van ons A-level voorgeskrewe werke is Sabbatsreis deur Annelie Botes. Ek het gewonder of daar dalk enige studienotas of aantekeninge vir hiedie boek beskikbaar is?
Ons behandel ook PG du Plessis se Siener in die Suburbs, waarvan ek wel ’n studiegids by Protea boekwinkel gevind het.
Ek sal dit baie waardeer indien iemand my kan bystaan in hierdie geval.
Vriendelike groete.
Kommentaar
Goeiedag
Dit is heel onwaarskynlik dat daar enige studienotas gebaseer op Sabbatsreis sal wees aangesien dit nie in Suid-Afrikaanse skole voorgeskryf word (of was) nie. Daar is egter heelwat aantekeninge oor Siener in die suburbs beskikbaar. U kan op BidorBuy kyk - daar is oor die jare heelwat studiegidse deur verskeie uitgewers gepubliseer. U kan ook vir NALN kontak om uit te vind watter materiaal hulle beskikbaar het. Kontak vir me. Lacia Viljoen by lcvnaln@sacr.fs.gov.za.
Moet hierdie nou brief wees? Daar is mos aparte studie hoekie hier op LitNet.