Skoolnotas: Afrikaans-taalbegrippe

  • 2

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, wat in 2019 ’n graad 12-leerder was, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers bespreek hoedat elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

Begrippe

Akuut: é

Gravis: è

Homonieme: woorde wat dieselfde klink en dieselfde spelling het, maar die betekenis verskil omdat die herkoms verskil.

Homofone: klankverwante woorde – klink eenders, maar spelling en betekenis verskil.

Doeblette: vorme van dieselfde woord. (twak; tabak)

Sinonieme: woorde met min of meer dieselfde betekenis. (mooi; pragtig)

Antonieme: teenoorgesteldes. (groot; klein)

Paronieme: stamverwante woorde. (verstel; herstel; bestel)

Letterlik (denotatief): woordeboekbetekenis

Leksikale betekenis (eksplisiete betekenis): duidelik en direk, objektief

Figuurlik (konnotatief): geïmpliseerde/verskuilde betekenis

Vooroordeel/partydigheid: wanneer kant gekies word en een party bevoordeel word.

Stereotipes: uitbeelding van ’n tipe persoon/groep.

Gevoelstaal: ontlok sterk gevoelens. 

Oorredende taal: advertensies – word subtiel gedwing om dit te koop.

Manipulerende taal: flikflooi, en om mense te oorreed.

Assimilasie: die invloed van naburige klanke op mekaar. ’n klank word beïnvloed en neem ’n ander klankwoord aan. (anders = aners)

Letteruitspraak: wanneer ’n woord uitgespreek word soos dit gespel word.

Vokaalreduksie: ’n klinker in ’n onbeklemtoonde lettergreep word verswak tot ’n neutrale vokaal. (maar = mar)

Metatesis: klankverspringing (persent; present)

Morfeme: kleinste betekenisvolle deeltjies in Afrikaans. Het slegs ’n betekenis saam met ’n ander woord, indien dit alleen staan het dit geen betekenis nie. (be-; -ing)

Premorfeme: voor ’n woord. (geleer)

Postmorfeme: na ’n woord. (leerling)

Metamorfeem: hou verband met klankverwisseling. (leer; lêer)

Sentrale/swewende morfeem/basisvorm: stam

Simpleks: ’n woord wat slegs uit een stam bestaan.

Kompleks: ’n woord wat uit een of meer stamme en morfeme bestaan.

Samestelling: die samevoeging van twee of meer stamme met of sonder ’n verbindingsklank.

Afleiding: ’n woord gevorm met ’n afleidingsmorfeem.

Verbindingsklank: verbind slegs stamme.

Spellingspartikel: verdubbelling van die konsonant ter wille van spelling. Vorm nie deel van die morfeem nie.

Klanknaboorsing: klanke word nagemaak.

Kontaminasie: twee betekenisse word saamgevoeg – die een kontamineer (besmet) die ander. (aangaan + betref = aanbestref)

Toutologie: een woord – albei woorde het dieselfde betekenis (kabeltou; kweekgras)

Pleonasme: twee of meer woorde na mekaar waarvan die betekenis dieselfde is. (ronde sirkel; dooie lyk)

Argaïsme: verouderde vorm van ’n woord wat nie meer gebruik word nie. (snuiter = klein kind)

Taalfossiele: verouderde vorme van woorde wat steeds gebruik word. (dis te hope = hoop iets gebeur)

Neologisme: nuwe woorde in die taal. 

Ontronding: wanneer die lippe nie genoeg gerond is nie en ’n woord platter as gewoonlik uitgespreek word.

Oorronding: wanneer die lippe te veel gerond word en ’n woord ronder as gewoonlik uitgespreek word.

Polisemie (funksiewisseling): die skool kom uit – die skool kom nie uit nie, die leerders kom uit.

Vokale: klinkers

Konsonante: medeklinkers

Emotiewe woorde: woorde met ’n emosionele betrekking.

Selfstandige naamwoorde: [s.nw.]

  • Kan meervoude kry.
  • Kan verkleining kry.
  • Kan geslag vorm.
  • Kan ’n lidwoord vooraan sit.
  • Staan dikwels as ’n onderwerp of ’n voorwerp.

6 tipes:

  1. Soortnaam: kry meervoude en verkleining, is tasbaar en lidwoorde (’n/die) kan bygevoeg word. (man, motor, boek)
  2. Eienaam: begin altyd met ’n hoofletter, dis die spesiale name waarmee mense, dinge, plekke  of produkte uniek geïdentifiseer word.
  3. Abstrakte s.nw: is nie konkreet nie, dikwels gevoelens. (-isme, -skap, -heid, -teit, -uur, -asie)
  4. Versamelname: ’n vaste uitdrukking wat groepe aandui. (stoet bedelaars, boord bome, paneel dokters)
  5. Massanaam/stofnaam: soortname wat nie getel kan word nie. (sand, water, heuning, goud, koffie)
  6. Maatname: soortname wat inhoud bevat, word dikwels saam met massaname gebruik. (’n koppie koffie)

Voornaamwoorde: [vnw.]

  • Persoonlike voornaamwoord: vervang s.nw. (dit, daaruit, sy, hy)
  • Onpersoonlike voornaamwoord: natuurlike verskynsels. (dit, daar)
  • Besitlike voornaamwoord: dui besitter aan. (syne, haar, my)
  • Betreklike voornaamwoord: dui betrekking of verhouding aan. (wat, waarvan, van wie, waarin, waarop)
  • Vraende voornaamwoord: vra ’n vraagsin. (wie, wat, waarom, waar, hoe, hoekom, waarom)
  • Onbepaalde voornaamwoord: nie spesifiek nie. (’n mens, die mens, niemand, iemand, hulle, jy, niks, iets, diegene)
  • Aanwysende voornaamwoord: verwys na ’n spesifieke saak. (dié, hierdie, sulke)
  • Wederkerende voornaamwoord: onderwerp en voorwerp is dieselfde. (hy bekommer hom; jy misgis jouself)
  • Wederkerige voornaamwoord: (mekaar, die een, die ander)

Telwoorde:

 

Hooftelwoord 

Rangtelwoord 

Bepaald 

Vyf, tagtig, een

Eerste, sesde, honderdste

Onbepaald 

Talle, weinig, min, baie

Laaste, middelste. soveelste

Byvoeglike naamwoorde: (b.nw.)

  • Vertel meer van die s.nw.
  • Kan attributief (voor) of predikatief (na) die s.nw. wees.
  • Besit intensiewe vorm.
  • Het trappe van vergelyking.
  • Verbuiging (vinnige)

Lidwoorde:

  • Bepaalde lidwoord: die
  • Onbepaalde lidwoord: ’n

Werkwoorde: (ww.)

  • Handeling/aksie
  • Tyd word aangedui
  • Selfstandige werkwoord: kan alleen staan, teenwoordige tyd. (loop, slaap, sit, drink) 

Oorganklike werkwoord: word deur ’n direkte voorwerp gevolg. (ek skop die hond)

Onoorganklike werkwoord: word nie deur ’n voorwerp gevolg nie. (sy skryf lelik)

  • Hulpwerkwoord: help om tyd te verander.
  • Word altyd saam met ’n selfstandige werkwoord gebruik
  • Tyd: het, sal.
  • Vorm: is, word.
  • Wyse: kan, wil, moet, mag
  • Koppelwerkwoord:
  • Kan nie selfstandig optree nie.
  • Lyk, blyk, skyn, heet, was
  • Deeltjiewerkwoord/skeibare werkwoord:
  • Bestaan uit twee dele.
  • Klem val op die eerste deel.
  • Onskeibare werkwoord:
  • Saamgestelde werkwoord waarvan dele nie geskei kan word nie.
  • Wederkerende werkwoord
  • saam met wederkerende vnm. 
  • (hy vererg hom; sy verbeel haar)
  • Infinitief: nie ’n werkwoord nie, word ingelei deur “om te”. (om te swem)

Bywoorde:

Vertel meer van die werkwoord en byvoeglike naamwoord.

  • bywoord van tyd: wanneer
  • bywoord van plek: waar
  • bywoord van wyse: hoe
  • bywoord van graad: hoe baie
  • bywoord van modaliteit: die res (mos, niks)

Deelwoorde: 

  • Verlede:
    • Swak: ge-...-te of ge-...-de
    • Sterk: ge-...-e
  • Teenwoordige:
    • Eindig op –end(e)

Voorsetsels:

  • Verhoudingswoorde
  • Dui plek aan

Voegwoorde:

  • Tussen twee sinne

Tussenwerpsel:

  • Uitroep wat ’n emosie aandui.
  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top