Skoolnotas: Afrikaans (taalkunde)

  • 1

 

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

Werkwoorde en deelwoorde

Selfstandige werkwoorde: 

Staan alleen as die gesegte van ’n sin of bysin en dra volledige betekenis oor.

Bv. Donkies wei in die veld.

Koppelwerkwoorde:

Staan ook alleen as die gesegde van ’n sin, maar dra nie ’n volledige betekenis oor nie. Moet aan ’n naamwoord gekoppel word.

Bv. Die donkie lyk gelukkig.

Hulpwerkwoorde:

Vorm saam met die selfstandige werkwoord die gesegde van ’n sin. (hulpwerkwoord van tyd, wyse en plek)

Deeltjiewerkwoord:

Selfstandige werkwoord wat uit ’n deeltjie en ’n werkwoord bestaan.

Bv. af+tree = aftree

Deelwoorde:

Word soos volg verdeel:

  • Teenwoordige deelwoorde:

Word gevorm deur die werkwoord en die agtervoegsel -de of -end of -ende

Bv. balkende, etende, staande.

  • Swak verlede deelwoord: word gevorm deur die werkwoord en die voorvoegsel ge- en die agtervoegsel -te of -de.

Bv. gesnyde

  • Sterk verlede deelwoord: word gevorm deur ’n werkwoord en die voorvoegsel ge- en die agtervoegsel -e, plus klinkerwisseling.

Bv. ge+breek+e= gebroke

Byvoeglike naamwoorde (trappe van vergelyking) 

Byvoeglike naamwoorde kan trappe van vergelyking hê.

Stellende trap

Vergrotende trap

Oortreffende trap

skeef

skewer

skeefste

Onthou: Dit is die reël om -er en -ste te gebruik om die vergrotende trap aan te dui; “meer” en “mees” word hoofsaaklik gebruik vir meerlettergrepige naamwoorde wat op -e eindig. Bv. ontspanne

Stelsinne, die ontkenning

’n Stelsin maak ’n stelling en word met ’n punt afgesluit.

Die ontkennende vorm word meestal deur 2 onkenningswoorde aangedui.

Partydigheid, vooroordeel, stereotipering

Partydigheid: 

’n Houding waarvolgens iemand kant kies en ’n ander persoon of saak onregverdig of subjektief ondersteun of bevoordeel.

Vooroordeel: 

’n Vooropgestelde oordeel of mening wat nie op werklike ervaring of kennis berus nie. Dit kan ’n onredelike of onlogiese voorkeur of afkeur van iets behels.

Stereotipering: 

Oorvereenvoudigde uitbeelding van ’n tipe persoon of groep asof almal dieselfde is.

Hoofwerkwoorde

Daar is twee soorte hoofwerkwoorde: selfstandige- en koppelwerkworde.

Selfstandige werkwoorde: 

Staan alleen as die gesegde van ’n sin of bysin en dra volledige betekenis oor.

Koppelwerkwoorde:

Staan ook alleen as die gesegde van ’n sin, maar dra nie ’n volledige betekenis oor nie. Moet aan ’n naamwoord gekoppel word.

Teenwoordige en verledetyd
  • Die teenwoordigetydsvorm dui handelinge aan wat nou plaasvind. Dit is die werkwoord in sy eenvoudigste vorm.
  • In die verledetydsvorm het die handeling klaar plaasgevind.
Soorte sinne

Stelsin:

Maak ’n stelling en eindig met ’n punt.

Bevelsin:

Gee ’n opdrag en eindig dikwels met ’n uitroepteken.

Vraagsin: 

Stel ’n vraag en eindig met ’n vraagteken.

Uitroepsin:

Bevat ’n uitroep en eindig met ’n uitroepteken.

Enkelvoudige en saamgestelde sinne

Enkelvoudige sinne:  

Het net een gesegde (werkwoord).

Saamgestelde sinne: 

Meer as een gesegde en bestaan uit ’n hoofsin en minstens een bysin.

Byvoeglike naamwoorde

’n Byvoeglike  naamwoord beskryf ’n selfstandige naamwoord.

Die kronkelende rivier: attributiewe byvoeglike naamwoord genoem, want dis voor die selfstandige naamwoord.

Die meisie is mooi: predikatiewe byvoeglike naamwoord genoem, want dit kom voor die selfstandige naamwoord.

Voegwoorde

Voegwoorde voeg of verbind woorde.

Homonieme en homofone

Homonieme is woorde wat dieselfde gespel en uitgespreek word, maar dit het verskillende betekenisse.

Homofone is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar dit word verskillend gespel en dit het verskillende betekenisse.

Bywoorde van tyd, plek en wyse

Bywoorde beskryf gewoonlik die werkwoord (gesegde).

Bywoord van tyd: wanneer?

Bywoord van plek: waar?

Bywoord van wyse: hoe?

Wanneer daar meer as een bywoord in ’n sin is, is die volgorde soos volg: tyd, dan wyse, dan plek.

  • 1

Kommentaar

  • Baie dankie vir al jou moeite om dit vir ons toekomstige Gr 12-leerders makliker te maak.
    Waardeer dit opreg🤗

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top