Goed of sleg?

  • 13

Die mens is inherent goed:  Kong Qui  (Confucius). Hy was ’n staatsamptenaar wat geglo het dat staatsamptenare vanweë hul posisie in die samelewing en gepaardgaande aansien, onkorrupteerbaar is.

Die mens is inherent sleg (sondig): Paulus aan die Romeine (3:23). Die mens moet geleer word wat reg en goed is en dan nog ’n keuse tussen goed en sleg maak.

Die postmoderne mens: Hy sê alles is reg en geoorloof -  daar is nie iets soos goed of sleg nie.

Wat sê jy?

Raed-na-Gael die goeie

  • 13

Kommentaar

  • Dit is nie wat Paulus sê nie:Hy sê:"23Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie."
    Dit beteken nie een van ons leef volgens God se plan nie,want ons oortree in gedagte en daad nie net die 10 gebooie nie maar sommer 'n hele lot landswette ook.
    As jy te vinnig ry en die spoedgrens oortree ,oortree jy 'n verkeerswet en is dus
    skuldig,as jy iets begeer wat nie joune is nie oortree die t0de gebod en as jy dit tog vat ,dan steel jy en oortree die 8ste gebod.

    Hoekom doen ons dit,dit is deel van ons menslike natuur getemper deur 'n gewete,as die nie toegeskroei is nie, ons neig eerder tot kwaad as goed,veral as
    'n man of vrou 'n paar doppe te veel in het.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Regtig, niks goed of sleg nie? Net chaos? Postmoderne mens klink sirkel wat voltooi is na onbeskaafdheid, terug waar alles was, amper dierlik.

  • Ek is goed, of liewer, ek was goed. Ek kon 15km per dag oor kranse en klowe klouter, maar nou is ek sleg. Ek sal maar op 'n helikopter moet staatmaak om my al die plekke te gaan wys waar ek eens so flink geklouter het.
    Ek begeer die Mercedes GLE wat die ou, so agt huise van my af, ry. Ek sal my linker b, ek bedoel my linker kleintoontjie daarvoor gee. 'n Gebod oortree? Se voet.
    Wie gaan my hof toe sleep?

  • Beste Angus
    Jy word nie sleg nie. Jy word oud en dit is die lot van elke mens.Daar is vir elke mens net soveel reise om die son, soveel aswentelinge van ons ruimteskip,planeet aarde..(soek nog na goeie vertaling van ‘Rotation And Revolution’)

    ‘n Mens weet nooit of jy nou op jou laaste reis is en die blote gedagte daaraan kom eintlik nooit by ‘n mens op nie,want by feitlik almal is daar die versugting van:

    Forever Young
    Alphaville
    Let's dance in style, let's dance for a while
    Heaven can wait we're only watching the skies

    Hoping for the best, but expecting the worst
    Are you gonna drop the bomb or not?

    Let us die young or let us live forever
    We don't have the power, but we never say never

    Sitting in a sandpit, life is a short trip
    The music's for the sad man

    Can you imagine when this race is won?
    Turn our golden the faces into the sun

    Praising our leaders, we're getting in tune
    The music's played by the, the madman

    Forever young
    I want to be forever young

    Do you really want to live forever?
    Forever, and ever

    Some are like water, some are like the heat
    Some are a melody and some are the beat

    Sooner or later they all will be gone
    Why don't they stay young?

    It's so hard to get old without a cause
    I don't want to perish like a fading horse

    Youth's like diamonds in the sun
    And diamonds are forever

    So many adventures given up today
    So many songs we forgot to play
    So many dreams swinging out of the blue
    Oh let it come true’

    So lees ‘n mens dat ‘Americans Spent More than $16.5 Billion on Cosmetic Plastic Surgery in 2018. https://www.plasticsurgery.org/news/press-releases/americans-spent-more-than-16-billion-on-cosmetic-plastic-surgery-in-2018

    Dit is volgens Google omskakeling ‘236 228 850 000,00 South African Rand’.Volgens
    Google omskakeling beloop Eskom se skuld beloop vergelykende wyse na beraming 42,253,014,913.61 USD
    Dit daar gelaat.’n Vrou met ‘n platgestrykte gesig en verrimpelde nek pas mi nie bymekaar nie.

    Ons word op aarde nie vervolg vir die gedagtes wat wat van tyd tot tyd in ons koppe ontstaan nie en wat begeertes genoem word.Ook maar goed so want daar is geen tronke groot genoeg om almal te huisves nie en ‘n trunk sonder bewaarders sal nie werk nie.

    Nou sal jy verstaan wat Paulus bedoel wanneer hy sê: :"23Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie." Omdat God volgens jou nie bestaan nie, pla dit jou soos uit jou skrywe blyk nie.

    Ek gaan jou los met die volgende-Dink daaroor.

    ’n Gebed wat opgedra is aan Moses, die groot man van God

    1Here, in die verlede het U ons en ons ouers beskerm. So was dit nog altyd.
    2Nog voordat die berge daar was en voordat U die wêreld gemaak het,
    ja, van altyd en altyd af is U die ware God.

    3U laat toe dat die mens doodgaan.
    U sê: “Mens, word weer stof waaruit jy gemaak is.” En so keer die mens terug na die grond toe waaruit U hom gemaak het.
    Die mens se lewe gaan baie gou verby.

    4In die Here se oë word tyd nie met ’n horlosie gemeet of volgens die almanak bepaal nie, want 1 000 jaar is vir U presies dieselfde as een dag.

    5Die lewe is kort. U vat die lewe terug.
    Dit gaan so vinnig verby soos een dag se werk vinnig agter die rug is.
    Die een jaar na die ander laat U soos water wegspoel.
    Dit gaan so gou verby soos tyd as ’n mens slaap.
    Die lewe is soos gras.

    6In die môre sien jy nuwe grassies opkom; dit is groen en vol lewe, maar teen die aand se kant het dit uitgedroog. Dan moet jy dit afsny.

    7U woede bring ’n vinnige einde aan ons lewe.
    Ons is baie bang vir u woede, 8want U weet van al ons slegte dade.
    Selfs die verkeerde dinge wat ons vir U probeer wegsteek, is oop en bloot voor U.

    9Elke dag van ons lewe gaan vinnig verby as U vir ons kwaad is.
    Die lewe skiet so vinnig soos ’n gedagte by ons verby.

    10Die meeste van ons word maar so 70 jaar oud.
    Mense wat sterker is, kan dalk nog 80 haal. Maar die lewe loop hand aan hand met swaarkry en hartseer.
    En dit gaan so bitter gou verby.
    Die dood kom nog vinniger as wat ons dink.

    11Here, ons het ervaar hoe kwaad U vir ons kan word.
    Wie weet beter as ons hoe groot U woede is.
    Ons dien U nie soos U regtig verdien nie. Ons skiet ver te kort.

    12Daarom vra ons: Help ons om U te dien en om gelukkig te lewe. Maak ons slim sodat ons elke dag sal gebruik om reg te doen.

    13Here, hoe lank gaan U nog kwaad bly? Wanneer kom help U ons?
    Omvou almal wat U dien met u liefde! 14Gee ons elke dag arms vol van u groot liefde!
    Dan sal ons vir die res van ons lewe juig en bly wees.

    15Gee vir ons net soveel blydskap as die swaarkry wat ons gehad het.

    16Laat almal wat U dien, raaksien wat U doen.
    Wys vir ons wat ’n vol en gelukkige lewe U gee, ook vir ons kinders.

    17Ons bid dat die Here ons God vir ons baie goed sal wees.
    Maak al ons planne voorspoedig.
    Gee sukses op alles wat ons begin doen het.

    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Oudword is mos slegword. Jy laat my dink aan die dominee se preke toe ek nog kerk toe gegaan het. Sy vrou moes naderhand op haar armhorlosie wys dat dit darem nou te erg uitgerek raak.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Die hele geloofkwessie gaan oor goed vs sleg. Selfs strafregstelsel.
    'n Oormaat van die goeie is ook sleg, soos bybelversie buite konteks.
    Vir minderhede is ANC sleg, vir meerderheid goed. In die slegte is ook elemente van goed, bv dwelms is afhankliksvormend, maar in oormaat. Kokaïene gebaseerde middel word deur tandartse gebruik om tandvleis voor plaaslike verdowinginspuiting te verdoof. Pervitin was bv opkikker, nazis het dit oormaat gebruik vir hul oorlogsmisdade in blitzkrieg en baie verslaafde nazis het massiewe hart ineenstorting in loopgrawe gekry in bv Rusland agv oordosering en langdurige gebruik. Baie dwelmverslaafdes sterf nog steeds aan orgaanversaking as rede tydens oordosering.
    Word mens nie goed gebore en word sleg oud nie?

  • Beste Hans en Angus
    Dit gaan oor menslike gedrag,veral in verhoudings teenoor ander mense en nie liggaamlike sterkte of swakheid nie.

    Angus stel die afname in liggaamlike prestasies,'n vermindering van krag gelyk aan sleg word, waarmee hy dan te kenne gee dat hy as 'n baba op sy slegste was,wat dit aan betref.

    Die geloofskwessie gaan nie oor goed of sleg nie. Koning Dawid se optrede in Sam 2 'Dawid en Batseba' spruit uit 'n begeerte wat oorgaan in 'n daad en moord.

    Dit maak Dawid nie 'n slegte Koning en ongelowig nie. Dit maak hom 'n oortreder van twee van die 10 gebooie, nl die 6de en 10de gebod,'n sondaar.

    Wanneer Angus nie meer die prestasies van sy jeug kan herhaal nie,maak dit hom nie sleg of goed nie maar wel 'n liggaanlik verswakte mens, wie se liggaamskrag tot so 'n mate afgeneem het dat hy nie langer die prestasies van sy jeug kan herhaal nie.

    En dit is presies dit wat Moses beklemtoon en waarna die skrywer van Forever Young oor weeklaag wanneer hy sug: It's so hard to get old without a cause
    I don't want to perish like a fading horse. Dit maak hom nie sleg nie maar net oud.

    Die opstellers van die Heidelbergse Kategismus beskryf die mens as 'n verwerper van gesag met 'n natuurlike neiging om God en sy naaste te haat en verlaat hul dan veral op Rom 3:10, 20, 23;1 Joh 1:8, 10. Rom 8:7; 2:3; Tit 3:3; Gen 6:5; 8:21; Jer 17:9; Rom 7:23.

    As dit nie so was was daar geen behoefte aan om jaarliks 'n 'the road safety campaign' van stapel te stuur nie en vir 'n minister om op TV feitlik te soebat dat mens hulle moet gedra en verkeersreëls en wette gehoorsaam nie.

    Angus kyk na sy buurman se Mercedes soos Dawid na Batseba gekyk het, met oë en hart vol begeerte. Gelukkig vir Angus het hy nie soos Koning Dawid tot die daad oorgegaan en sy buurman se Mercedes vir 'n spin gevat nie, want dan was hy 'n dief, maar nog steeds Angus 'n goeie maar ongelowige mens, wat dit moeilik vind soos ons almal maar, om hom te versoen met kwynende liggaamlike kragte wat met oud word gepaard gaan.

    Lekker dag vir julle.

  • FC BOOT skryf: "23 Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie.

    1. Ek het geen sonde.
    2. Daar bestaan geen ding soos sonde nie.
    3. Daar is wette vir die samelewing en 'n hof bepaal of jy die wet oortree het indien 'n saak teen jou gemaak is.
    4. Jy mag jouself in verdedig in 'n hof.
    5. Jy is onskuldig totdat die teendeel bewys is. (Sien die Bewysreg)

    Dit sal fantasties wees om die gode in jou koppie in 'n hof te kry. Daar is geen manier hoe die 3 gode van jou die doodstraf kan vryspring tot selfs in 'n land waar die doodstraf verbied is met die Bybel as bewys.

  • Angus skryf;"Ek begeer die Mercedes GLE wat die ou, so agt huise van my af, ry. Ek sal my linker b, ek bedoel my linker kleintoontjie daarvoor gee. 'n Gebod oortree? Se voet.
    Wie gaan my hof toe sleep?"

    Indien jy nie bedrog gepleeg het, die voertuig gesteel het of enige ander racketeering metode wat teenstrydig is met die wet die voertuig bekom het of oor om te droom gaan niemand jou hof toe sleep nie.

    Inteendeel, jy kan die motor tot vir 'n toetsrit neem ( al het jy 'n porky storie aangebied vir die verkoopsman)

    Bemarking is om te begeer en mense te kry om die produk te koop. Jy kan altyd 'n VW Kewer koop en die prentjie van die Mercedes bo jou bed hou. Soos baie jong seuns destyds 'n Lamborghini Countach in hulle kamers gehad het, my Countach was blou. Kon nooit een koop nie maar het die hele wereld vol gery in my drome...vandag nog.

    Om mense kry om te begeer is fantasties vir die ekonomie, dit skep werk en bring geleenthede. Verder kan dit mense aanspoor om harder te werk en hulle self beter te bekwaam.

    Jammer die gode van die Bybel het die pot misgesit oor die ekonomie. Relax, niemand gaan jou aankla as jy begeer...in sekere gevalle is thought crime ongelukkig 'n realiteit vandag maar jou GLE is nog veilig.

  • Beste Zirk
    Niemand het al in die tronk beland vir onuitgesproke gedagtes nie. Dit is wanneer dit oorgaan in die daad en jy gevang en veroordeel word.

    Die probleem is die begeerte van Angus het nie ontstaan in die liggaamsdeel wat hy wil opoffer nie maar tussen sy twee ore. Natuurlik het jy sonde want sonde is afgelei van 'n woord wat 'skuldig' beteken.

    As jy oortree het maak nie saak watter wet, regulasie of wat ook al is jy skuldig en dus 'n sondaar of skuldige, so eenvoudig soos dit.

    En as jy nou kom en sê jy het nog nooit enige wet oortree nie, selfs nooit die spoedgrens oortree nie-dan sê ek nou vir jou -jy lieg dat jy bars.

    Jy verstaan die begrip 'begeerte' van die Bybel verkeerd. Dit is eintlik 'n dryfveer om iets te besit wat nie joune is nie.

    Die ekonomie wat meer gedryf deur behoeftes as begeertes. Eers as daar aan die basiese behoeftes voldoen is dan 'begeerte' na meer luukse dinge. Daarom word daar gepraat van 'Maslow’s Hierarchy of Needs' en nie 'desires'.
    Jy sien dus dat die ouens wat die Bybel geskryf het ook geweet het wat die ekonomie dryf. In die gebed wat Jesus sy dissipels leer, staan daar ook: "Gee ons vandag genoeg om van te leef."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top