Eerste oproep om referate vir die ALV se 2020-simposium

  • 0

In 2020 word die ALV-kongres van 21 tot 23 September by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth aangebied.

Referaatvoorstelle word ingewag vir die kongres, en kan gestuur word aan professor Marius Crous by marius.crous@mandela.ac.za.

Inligting oor besonderhede soos verblyf, die kongreslokaal, registrasiegeld ens., sal in die volgende oproep om referaatvoorstelle deurgegee word.

Vanjaar is die kongrestema Affekte, emosies, begeertes en/in die Afrikaanse letterkunde:

  • Affekteorie (Masumi, Spinoza, Bergson, Deleuze en Guattari)
  • Eve Sedgwick: tasbaarheid (“tactility”), tekstuur (teksstuur)
  • Skande, skaamte, beskaam, vernedering
  • Sintuiglike belewing (sien, hoor, proe, voel, ruik)
  • Begeerte, behoefte, jouissance
  • Performatiwiteit
  • Dierlik, verdierliking
  • Blik (“gaze” en “gayze”)
  • Sensualiteit
  • Optimisme, pessimisme
  • Woede, geweld, mag
  • Pyn, pyniging, pynlik
  • Verlies, aflegging, losmaak
  • Affekte en die posthumanisme
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top