Daa' kô ’n tyd

  • 0
 
Daa' kô ’n tyd, vrin' van my
wanne djy moet lat gaan
’n tyd om ’n brênd new
direction in te slaan
’n tyd wanne djy
van'ie bekende weg moet stap
en'ie deure van jou past
vi' eens en altyd toe moet klap
 
Daa' kô ’n tyd wanne djy moeg raak
van 'anhou probee'
oppie einde is djyrie ene
met allie opgekropte see'
’n tyd wanne “oh I'm sorry”
g’n betiekenis mee' het
want hoekô djy's kla' geskei
van tafel en bed
 
Ja daa' kô ’n tyd
om vorentoe te beweeg
ve'al as als in jou binneste
ve'lore voel en leeg
en wanne djy op ’n dag
nettie mee' kan vergeef
isit tyd om jou liewe
op jou manier te leef
 
Daa' kô ’n tyd om'ie yesterdays
finaal agte' te laat
sonne' ienage skuldgevoelens
sonne' selfverwyt of haat
’n tyd om'ie donke'
voo' jou oë te lat verdwyn
want eendag, I'm telling you
sal djyrie son wee' sien skyn

Lees ook

sorry my broe

genoeg getreur

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top