LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
“’n Pouse tussen oorsprong en bestemming”: Heterochronisiteit en laterale transnasionalisme in Marlene van Niekerk se Gesant van die mispels en In die stille agterkamer
2019-12-10“Van Niekerk se tekste vernuwe telkens die verwagtinge van wat as goeie Afrikaanse letterkunde beskou word.”
Filmverwerking as interpretasie: Die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf
2019-11-27“Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel?”
“In die mees intense oomblikke word alle afstande nul”: Relasionaliteit in Die derde spoel van S.J. Naudé
2019-10-30“Wat hierdie ondersoek binne die raamwerk van relasionaliteit toon, is dat Naudé se roman gestruktureer is rondom verlies.”
Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach
2019-10-21“Die troebel tyd skep ’n genuanseerde uitbeelding van depressie, ’n steeds gestigmatiseerde verskynsel in ons samelewing.”
’n Sisteemteoretiese ontleding van gebruikersinteraksies rondom Deon Meyer se Twitter-profiel: ’n resepsiestudie in die digitale era
2019-10-15“Omdat sosiale media gebruikers toelaat om self met skrywers en werke in gesprek te tree, skep dit nuwe geleenthede om spesifiek op die leser te fokus.”
Louis Althusser en Jacques Derrida. Raakpunte van sin en die sintuiglike in twee tydgenootlike tekste
2019-10-15“En die sintuiglike – woorde van die ervaringswêreld en ondervindelike – het juis weens Althusser en Derrida se tydgenootlikheid na vore getree as onderwerp.”
Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse militêre doktrine
2019-10-02“Die punt is dat die Afrikaners op taktiese gebied – in sowel die Anglo-Boereoorlog as die Grensoorlog – ’n natuurlike instink gehad het wat hulle baie goed te staan gekom het. Op operasionele en strategiese vlak was dit egter ’n ietwat ander storie.”
Die konseptualisering van volhoubare landelikelewensbron-ontwikkeling in Suid-Afrika met verwysing na volhoubare ontwikkeling as grondslag: ’n navorsings- en oorsigartikel
2019-09-30“In Afrika, en ook in Suid-Afrika, is dit noodsaaklik om daarop te let dat volhoubare ontwikkeling haalbaar sal wees slegs indien arm en rantstandige gemeenskappe spesifiek ingesluit word in die proses.”
Visuele uitbeeldings van ’n miskraam in die kunswerk Loss: ’n Kritiese toepassing van Freud se teorieë van verlies en trauma
2019-09-27“Ek ondersoek traumateorieë oor verlies en argumenteer in die lig hiervan dat rou ’n natuurlike, terapeutiese manier is om op verlies te reageer.”
China se eerste oorsese militêre basis in Djiboeti: ’n kontekstualisering van die oogmerke, politieke belange en toekomsmoontlikhede
2019-09-25“Diplomatieke bande tussen China en Djiboeti bestaan reeds sedert 1997, maar dit was eers meer onlangs dat China sy voetspoor in dié klein Afrikastaat verdiep het.”
Herbesoek aan Afrikaanse klemtoon: Is dit (nog) ’n inisiëleklemtoontaal?
2019-09-19“In hierdie bydrae word vanuit ’n verskeidenheid hoeke geargumenteer, en bewyse daarvoor verskaf, dat Afrikaans sterk wegbeweeg (het) van ’n kenmerkend inisiëleklemtoontaal.”
Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 2: Oorsake en gevolge
2019-07-25"Die getal politieke leiers wat deur die toepassing van hierdie besondere strategie tot regeerposisies regoor die wêreld verkies is, het tussen 1990 en 2018 vyfvoudig toegeneem, van vier tot 20."
Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 1: Literatuuroorsig, teoretiese benadering en voorkoms
2019-07-24"Anders as sy voorganger se sosialistiese en anti-elitistiese retoriek (die plasing van blaam op witmonopoliekapitaal vir die werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing en die regstelling daarvan deur “radikale ekonomiese transformasie”) het Ramaphosa, soos president Bolsonaro van Brasilië, ’n nuwe liberale koers ingeslaan en sy retoriek daarby aangepas."
De potestate regia et papali: ’n “uurglas”-bywerking van die mees onlangse Quidort-navorsing
2019-07-10"Bogenoemde Quidort-uitsette toon dat navorsing in Middeleeuse filosofie sinteties steeds bo die gestandaardiseerde bronne kan uitstyg en die kanon van Middeleeuse filosofie altyd nog ’n keer kan verruim en verryk – maar daardie toenemend-problematiese kanon ook dialekties kan begin ondermyn."
Mag en ideologie in die Afrikaanse vertaalgeskiedenis
2019-06-26"Die Suid-Afrikaanse samelewing se verwantskap deur die geskiedenis met uiterste sosiale ongelykhede en magstryde wat nou verbonde is aan kultuur en taal, bied ’n geskikte agtergrond waarteen vertaling se sosiale funksie ontbloot kan word."
Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande
2019-06-10"My doelstelling in hierdie artikel was om Krog se posisie as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en Afrikaans aan die een kant en die Lae Lande en Nederlands aan die ander kant te bespreek deur te fokus op haar postuur as skrywer."
Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd
2019-06-01"Waarom sou iemand wat nie self Palestyns is nie, die Palestynse stryd aktief en in die openbaar ondersteun? Hierdie artikel bied ’n oorsig oor die redes waarom Joods-Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers aangesluit het by die Palestynse bevrydingstryd."
’n Landboublad as “sosiale barometer”: Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling
2019-05-21"Die Afrikaanse landboutydskrif Landbouweekblad vier in Mei 2019 sy eeufees. Hierdie artikel beskou vanuit ’n mediageskiedkundige asook tydskrifstudie-vertrekpunt die ontstaan en ontwikkeling van die blad sedert 1919."
Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans
2019-05-07"Die belangrikste gevolgtrekking waartoe in hierdie studie gekom is, is dat /ɛ/-verlaging as fonologiese proses wel oor ’n wye front voorkom, maar veel meer gekompliseerd is as wat die gangbare beskrywings daarvan suggereer."
Antjie Krog, gemeenskaplikheid en die behoefte aan interverbondenheid in Mede-wete (2014)
2019-04-24"In hierdie artikel sal ek poog om die hantering van die begrip interverbondenheid in Krog se bundel Mede-wete te ondersoek en na te gaan hoe dit by die begrip ubuntu in die Afrika-filosofie aansluit."